Alles oor ons
Die Castle Stap Roete en die Jakkalskloof 4x4 roete is ‘n venootskap tussen Marinda Pretorius en Izak Kotze. Gelee as aangrensende plase, met ‘n sterk echo toerisme fokus.
Medewerking was onkeerbaar. Dit het die eienaars toegelaat om aan u hierdie spesiale klein venster tot Suid Afrika se mees unieke en asemrowende panoramas te bring.
“Jakkalskloof” bestaan reeds in die Kotze familie vir meer as 160 jaar. Die eienaarskap kan so ver terug as 1841 bevestig word en die plaas Jakkaslkloof was die eerste “Kaart & Transport” titel wat toegestaan was in die gebied.
Die “Hartebeeshuisie” (Plaas Huis) word tans gerestoreer tot sy vroeere glorie en leefstyl van daardie historiese era.
Omenby 50 jaar gelede is die ou stalle en “waenhuis” herbou in die vorm van ‘n Kasteel en is ‘n moet om te besoek.
|