Bederf jouself met ’n seldsame plesier—besoek Jakkalskloof, geleë in die Sandveld, 8km Oos van Redelinghuys en 190km vanaf Kaapstad.
Die klip en sand roetes is ‘n uitdaging en neem ongeveer 4-5 ure om te voltooi. Dit is nie ‘n voertuigbreker nie, behalwe vir opsionele uitdagings met ontsnappingsroetes wat definitief u vaardighede sal toets.
Pragtige rotsformasies in verskeie kleurskemas asook klowe word teëgekom op hierdie 4x4 roete. Selfs die Atlantiese Oseaan is sigbaar op ‘n helder dag.
Kasteel Staproete
Hierdie pragtige 5 ½ uur roete huisves fynbos en rotsformasies. Stappers word beloon met asemrowende uitsigte terwyl die aandstilte en hemelruim ’ n uitsonderlike ervaring is. Korter opsies is beskikbaar.
Wild kan besigtig word en voëls is volop. Die absolute mosaiek van fauna en flora maak dit ‘n onvergeetlike evaring.
Dit is ‘n wonderlike ligging om ‘n laatmiddag te spandeer en te ondervind hoe die oranje skakerings van die sonsondergang die berge verkleur.