Nuus

Cederberg Biodiversiteit
07 July 2006

Die Groter Cederberg Biodiversiteit Korridor ‘n bewaringsvennootskap van węreldbelang. Jakkalskloof 4x4 vorm deel van hierdie bewaringsvennootskap. Die Groter Cederberg Biodivesriteit Korridor vorm deel van die C.A.P.E program met die doel om die biodiversiteit van die Kaapse Planteryk te verseker. Die Suidelike punt van Afrika huisves twee van die węreld se mees besonderse natuurlike skate, die Kaapse Planteryk (KPR) en die Sukkulente Karoo bioom. Nęrens op aarde is daar ‘n planteryk wat die KPR oortref nie, en daarom is die gebied geklassifiseer as een van net ses planteryke ter węreld. Dit is die enigste planteryk wat binne een land se grense aangetref word. Dié baanbrekersprojek is gebaseer op die gesamentlike bewaring van ‘n landskap warin gewerk en geleef word. Dit berus op vennootskappe tussen grondeienaars, plaaslike gemeenskappe en owerhede, nie-regeringsorganisasies sowel as formele bewaringsorganisasies. Die belangrikste doelwit is diebewaring van biodiversiteit van die groter Cederberg-omgewing wat insluit die Sandveld, Bokkeveld en Takwa-Karoo. Ons land huisves fynbos, woude, sukkulente en Nama Karoo, struikveld, grasveld, varswater en marienestelsels asook riviermondings – almal word in die Wes-Kaap aangetref. Hier kom 17 fynbosveldtipes voor, agt veldtipes van die Sukkulente Karoo en een van die woudbioom. Meer as 2000 Khoisan rotstekeninge word hier gevind, sommige glo tot 8000 jaar oud. Van die Karoo tot die Kus, streef ons daarna om die bewaring van hierdie unieke lewende landskap deur die volhoubare gebruik daarvan moontlik te maak.